top of page

aat

+tané

TROUDAG
design-space-paper-textured-background.jpg
Lindeque Trou - StD 06-05-2026 - Seel.png

ons troudag

Aat Lindeque en Tané Wouda nooi jou hartlik uit om getuie te wees wanneer hulle hul huweliksbeloftes aflê

woensdag, 6 mei 2026

Gaste arriveer om 15h00  |  Seremonie begin om 15h30

bestemming

-33.63045, 18.96171

Bakenhof Wynlandgoed
R45-pad in die rigting van Malmesbury
Wellington, 7654
Wes-Kaap, Suid-Afrika
Sien aanwysings

kleredrag

Formeel | Neutrale kleure
(dames, wit word vriendelik vir die bruid voorbehou)

DSCF1178_edited.jpg
design-space-paper-textured-background.jpg

verrigtinge

Ons sien ons trouvieringe as ‘n geleentheid om kwaliteit tyd saam met familie en vriende te spandeer. Daarmee gesê, vra ons dat ons gaste, indien moontlik, saam met ons by Doolhof Wynlandgoed se Africamps-eenhede gedurende ons trouvieringe bly.

​Ons nooi ook graag ons gaste uit om op die vooraand van ons troudag, ‘n gesellige aandete asook die oggend van ons troudag ‘n stylvolle ontbyt te geniet en saam te kuier.

dinsdag, 5 mei 2026

18h00 vir 18h30
Smaaklike keuses van houtvuur pizza en wyn by Mila Restaurant, Doolhof Wynlandgoed.
Dui asseblief op die RSVP vorm aan indien jy by ons gaan aansluit.

Mila Restaurant, Doolhof Wynlandgoed,
Bovlei Rd, Wellington, 7654
Sien webtuiste

woensdag, 6 mei 2026

08h30 vir 09h00
‘n Hartlike ontbyt by Mila Restaurant, Doolhof Wynlandgoed.
Dui asseblief op die RSVP vorm aan indien jy by ons gaan aansluit.

donderdag, 7 mei 2026

09h30 vir 10h00
‘n Opsionele ontbyt by Mila Restaurant, Doolhof Wynlandgoed vir oulaas voordat ons op ons wittebrood vertrek.

Verrigtinge
DSCF1017_edited.jpg
1342.jpg

15h00

Gaste arriveer

15h30

Seremonie begin

TIMELINE.png

16h30

Konfetti

16h45

Familie- en groepsfoto’s

17h00

Canapés

18h30

Onthaal

Timeline
Travel
design-space-paper-textured-background.jpg

vervoer + verblyf

Africamps beskik oor 11 eenhede wat altesaam 44 gaste kan akkommodeer. Om die beskikbaarheid van hierdie eenhede vir 5 en 6 Mei 2026 te verseker, het ons reeds ’n voorlopige deposito van 50% betaal.

Ons het dit goedgedink om ons familie en gevolg eerste opsie te gee om van hierdie verblyfgeleentheid gebruik te maak.

Africamps, Doolhof Wynlandgoed

Bovlei Rd, Wellington, 7654
Sien webtuiste

Addisionele, natuurskoon akkommodasie is ook beskikbaar in Wellington, naby ons troubestemming. Hierdie verblyf kan privaat en volgens julle eie voorkeur, bespreek word:

Val Du Charron
Plaas 256 Groenberg, Bovlei Rd, Wellington, 7654
Sien webtuiste

Oude Wellington
Bainskloof (R303), Wellington, 7654
Sien webtuiste

5 Mountains Guesthouse and Spa
Bain's Kloof Pass Rd, Wellington, 7654
Sien webtuiste


Om reisreëlings vir ons gaste te vergemaklik, is ons bereid om pendeldienste vanaf Doolhof na en van Bakenhof op ons troudag te reël.

Dui asseblief op die RSVP vorm aan indien jy vervoer na die trou-bestemming sowel as na afloop van die onthaal gaan benodig.

1342.jpg

trougeskenke

Julle liefde en teenwoordigheid is vir ons die spesiaalste geskenke op ons troudag. Om julle teenwoordigheid vas te vang op papier, wil ons elke gas vriendelik vra om vir ons ’n handgeskrewe boodskap of brief te skryf en te deponeer in die briewe-boks op ons troudag- ’n herinnering van woorde wat ons vir altyd sal koester.

Indien julle graag 'n trougeskenk wil gee, sal 'n geldelike geskenk in kontant baie waardeer word.

Gifts
design-space-paper-textured-background.jpg

vier saam

RSVP asseblief voor of op 28 Februarie 2026.
Stel ons in kennis watter verrigtinge jy gaan bywoon, enige dieetvereistes, en of jy vervoer gaan benodig.


Kontak gerus die bruid of bruidegom indien jy enige verdere vrae het.

RSVP
EB.png

Designed by Weddings by EB

bottom of page